Albrecht & Carika Smuts troue, Chris-Elle, Buffeljags

Albrecht en Carika het op 2 September 2017 aan mekaar trou gesweer in die pragtige NG Kerk by Buffeljagsrivier buite Swellendam.  Die diens is pragtig gelei deur die plaaslike leraar Ds Dirkie van Heerden.

Na die diens het die gaste vertrek na Chris-Elle, ‘n besonderse trou-venue slegs omtrent 1km van die kerk af.  Hier is hulle buite trakteer op drankies en ‘n broodtafel en allerlei lekker eetgoed terwyl die bruidspaar en fotograaf besig was om foto’s te neem.

Rondom 7-uur het Carika en Albrecht by die gaste aangesluit in die saal en sommer dadelik weggespring met hulle openingsdans op die maat van Matthew Mole se “Take Yours I’ll take mine”.

Hierna is die heildronke ingestel: Jacques Kriel op Carika se ouers, Anneré Smuts op Albrecht se ouers, toe Carla op Carika en laastens Attie op Albrecht.  Seremoniemeester Julius Herfurth het hierna vir Albrecht aan die woord gestel om die bedankings te doen.

Met al die formaliteite agter die rug het die gaste weggelê aan ‘n heerlike hoofgereg, en hierna heerlik gedans – die laaste gaste het so kwart voor drie die nag hulle dansskoene opgehang!

Dankie Albrecht en Carika dat ons deel kon wees van julle groot dag – ons wens julle alle geluk en voorspoed toe op julle pad vorentoe!

Footloose

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *