André en Evette Bezuidenhout, Muldersvlei, Stellenbosch

André en Evette het trou aan mekaar gesweer op die pragtige en geskiedkundige Muldersvlei buite Stellenbosch.  Daar is heerlike gluweihn bedien voor die seremonie om die gaste in ‘n feestelike atmosfeer te kry, terwyl ‘n klassieke trio pragtige agtergrondmusiek verskaf het.

Klassieke trio speel by seremonie

Net voor halfvier het die gaste hulle plekke ingeneem, en André en sy strooijonkers het rustig op Evette en haar gevolg gewag.

André en sy gevolg wag vir Evette

Nadat Evette en haar gevolg opgedaag het, het Ds Carika Hanekom van Sonstraal NG gemeente se Mosaïek-bediening ‘n pragtige boodskap uit Genesis gelewer, gebaseer op die verhaal van Abraham.  Sy het onder andere vir die bruidspaar vertel dat hulle lewe van hier af saam die begin van ‘n nuwe foto-album is.

Carike Hanekom lewer pragtig boodskap uit Genesis

Nadat die formaliteite afgehandel is het die paartjie die register gaan teken in die herehuis, terwyl die gaste hulle buite ingewag het om hulle seën toe te wens met die strooi van konfetti.

Pasgetroude paartjie verlaat die seremonie

Die gaste het die bruidspaar gevolg na die area voor die onthaalsaal waar almal trakteer is op heerlike versnaperings en drankies, terwyl die bruidspaar saam met die fotograaf Karina verdwyn het vir die neem van hulle foto’s.  Die bruidspaar het net na 6 teruggekeer na die onthaalsaal waar die gaste vir Mnr en Mev Bezuidenhout verwelkom het.  Voorgereg is bedien, toesprake is gelewer, en na die hoofgereg is die dansbaan om halfnege ge-open met Kaptein van Kurt Darren.

DJ Gert saam met die bruidspaar

DJ Gert saam met die bruidspaar Foto deur Karina Conradie Photography

Hierna het die feestelikhede voortgeduur, en daar is lekker gedans en gekuier tot eenuur die nag! Die bruidspaar het tydens die gesprek wat ons vooraf gehad het vir my gesê hulle dans nie regtig nie, maar selfs hulle het die hele aand voete uitgepak.  Dankie dat julle ons gevra het om die musiek by julle spesiale geleentheid te verskaf – dit was ‘n voorreg, en regtig heerlik gewees!

 

Playlist

Videos

YouTube Playlist – Alle videos

Openingsdans – Kaptein – Kurt Darren

GOBO

 

4 Comments

  1. BAIE DANKIE DJ GERT!!!! Jy het gesorg vir baie pret en plesier vir die gaste. Kon regtig nie vir beter vra nie. Die dansvloer was permanent vol energieke dansers – selfs die bruidspaar wat beweer het hulle dans nie graag nie. Jou diens was uitstaande en professioneel. Sal jou beslis aanbeveel vir enige geleentheid.

    Reply
  2. DJ Gert, ek is so dankbaar dat ek jou by ESCS se matriekafskeid raakgeloop het. Ons gaste het jou musiek baie waardeer en niemand was ooit ledig nie. Wat ook uitstaan is die feit dat die oues van dae binne die saal met mekaar nog hoorbare gesprekke kon voer! Baie dankie vir jou professionele diens.

    Reply
  3. D.J. Gert , jou musiek rock soveel so dat ek nou nog beweeg met die ritme van die aand . Well Done !!!

    Reply
  4. DJ Gert, dankie vir ‘n genotvolle aand vol pret en plesier!
    Dit was ‘n aand vol verkeidenheid sonder ophou!!!

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *