Wat ‘n pragtige troue, met die mees gasvrye mense, en ‘n dans wat aangehou het tot 2-uur! Die onthaal was op Mont Rouge, die familieplaas waar Daniëll woon. Sy pa, Oom Johann, was nie vreeslik beïndruk met die “doef-doef” wat tot so laatnag aangehou het nie, en hy het my dit subtiel laat verstaan toe ek hom Sondagoggend raakloop! Maar gelukkig was dit ‘n familie-affêre, so ek glo almal is vergewe!
Mont Rouge is ‘n werkende vrugteplaas. Cindy, die een skoondogter, bestuur die pragtige trou-venue, met verskeie opsies vir die seremonie asook die onthaal (binne of buite). Dan is daar nog akkomodasie-opsies op die plaas ook. Vir meer inligting besoek gerus hulle webwerf by www.montrouge.co.za
Video Clips
Openingsdans – “Dans” van Riana Nel
“Kom ons vat ‘n kans” – Karlien van Jaarsveld
Arendéne en haar pa – “Cinderella” van Steven Curtis Chapman
Wat n lekker troue! En die gaste het omtrent lekker gedans saam dj gert. Kan hom beslis aanbeveel. DJ GERT hoop om julle sommer nog baie hier op Mont Rouge te sien