Arno & Natasha Gloyne troue, Mont Rouge, Tulbagh

Op n snikhete oujaarsdag met die temperatuur soms oor 40 grade het Arno & Natasha trou aan mekaar gesweer in Tulbagh.  Die gaste het na die seremonie na Mont Rouge vertrek waar ‘n heerlike broodtafel onder die lapa as voorgereg gedien het.  Bier, water en “slush puppie” met ‘n skop! het gehelp om die gaste af te koel.

Hierna is daar na die saal geskuif waar die toesprake gedoen is, heildronke ingestel is, hoofgereg en nagereg bedien is, en al die ander formaliteite afgehandel is.  Daar is lekker gedans, maar omdat dit so warm was het gaste gereeld buite gaan lafenis soek.

DJ Gert saam met Natasha en Arno Gloyne

DJ Gert saam met Natasha en Arno Gloyne

Dans op YMCA (kliek om video op YouTUBE te kyk)

En op die kop twaalfuur was daar sommer baie om te vier – behalwe dat dit nou 2016 was, was dit boonop ouma Nancy se 80’ste verjaardag.  Dit het sommer nuwe lewe in die verrigtinge geblaas, en daar is gedans tot na eenuur!

Onthaal Playlist

After Party Playlist

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *