Pierre en Charis Geldenhuys troue, Mont Rouge, Tulbagh

Pierre en Charis se troue was my 11de by Mont Rouge, en ek het hierdie venue nog nooit so mooi getooi gesien nie. Die proteas oraloor was regtig iets besonders gewees. Die ikoniese Saronsberg in die agtergrond Geen twyfel oor wie hier gaan trou nie Charis se besonderse rok Almal se asems was behoorlik weggeslaan toe Charis se pa haar in haar besonderse rok by die seremonie aan Pierre oorhandig het. Ds Kolette Louw het die diens pragtig gelei waarna die twee die register in die saal gaan teken het. Die gaste het met hulle uitstap die bruidspaar behoorlik geseën met seepborrels, en hierna het almal by die lapa canapes en drankies geniet terwyl ‘n Marimba-orkes gesorg het vir heerlike agtergrondmusiek. Hoe kan mens nie welkom voel nie? ‘n Blik op die twee se pad tot nou, en hulle toekoms saam? Nadat daar lekker buite gekuier is het die gaste na die saal beweeg en is behoorlik verwelkom in die saal wat pragtig opgemaak was deur die bruidspaar se moeders. Proteas oraloor Minder is meer! Die pasgetroudes het ‘n rukkie later by die saal aangekom en is hartlik verwelkom deur die gaste. Hulle het sommer dadelik die troukoek gesny, en direk daarna is die heildronke en bedankings afgehandel. Na ‘n fantastiese ete het Charis en Pierre die dansbaan geopen, gevolg deur danse van die bruidspaar met hulle ouers. Die gaste het vir ‘n ruk saam gedans, en toe was dit eers tyd vir die gooi van die ruiker en die kousband. Hierna het die dans in volle swang voortgegaan en daar is gedans en gesing tot skuins na twaalf....
Gerjo en Cara van Niekerk troue, Bodemloos Kombuis, Mon Desir, Grabouw

Gerjo en Cara van Niekerk troue, Bodemloos Kombuis, Mon Desir, Grabouw

Wat ‘n voorreg om by my seun se troue te kon optree. Gerjo het jare terug toe ons op neef Henk se plaas gekuier het al besluit dat hy eendag hier gaan trou – hy moes nog net die regte vrou kry. En gelukkig vir hom het die pragtige plaas ‘n ent buite Grabouw vir Cara en haar ouers ook geval. Die naweek het nat begin, met ‘n sommer BAIE nat Vrydag. Maar gelukkig het Henk en sy dogter Lindi seker gemaak dat die gaste wat op die plaas oorgebly het almal lekker droog kon slaap deur ‘n groot stretch-tent bo-oor die 2-man tentjies op te slaan. En gelukkig het die reën teen Saterdagoggend heeltemal verdwyn en kon ons uitsien na ‘n droë troue. Vrydagaand is daar tot laat-aand gekuier en pizzas geëet, en Saterdagoggend was dit skouer aan die wiel om die onthaal- en trou-plek gereed te kry. Die “arch” wat ek en Hesta gebou het moes opgeslaan word, DJ stelsel opgeslaan word, tafels en stoele is aangedra en versier, en binne ‘n kort tydjie was alles sommer pragtig. Daar was selfs tyd om die semi-finaal van die wêreldbeker rugby tussen Engeland en Nieu-Zeeland te kyk! After lunch everyone started getting dressed and ready for the ceremony under a stretch tent. Our dear friend (and ex-pastor) James de Villiers was to lead the sermon. Cara and her bridesmaids arrived just as some of the ladies present voluneered to take her place. But, as James said, it is the bride’s prerogative to be fashionably late! Daar was nie ‘n droë oog in die huis toe Champ, Gerjo se Jack...

Marcel & Jen du Plessis wedding, Mont Rouge, Tulbagh

What a lovely couple these two make. When Marcel first asked me for a quote to be their DJ I saw pictures of him on facebook, and in each and every picture he was holding a beer in his hand. When we met for the pre-wedding interview, he drank a couple of beers. While my wife and I was busy setting up our system on the morning of the wedding, he arrived with his groomsmen to check on proceedings and guess what, they were all having a beer. I don’t think I ever saw him without a beer! And Jen just looks on and takes it in her stride with that beautiful smile on her face. Mont Rouge, being a rustic venue, can become anything depending on how the venue is decorated. For this wedding the word “elegant” springs to mind. Beautiful white flowers with white linen and white crockery certainly set the scene for this wedding with the (unofficial) theme of “around the world”. Flowers at the ceremony Pastor Geoff led the ceremony by the stream running through the farm and to the delight of all those present they said their respective “I do’s”. Roxy and Andrew also did some readings for the couple. After signing the register in the hall the couple were blessed with confetti, and then joined the guests at the lapa for pre-drinks and a harvest table to get something in their tummies. Eventually the guests made their way to the hall where the seating plan informed them at which of the many cities or countries that Marcel had visited they should be seated....
Philip en Anieke de Villiers troue, The One Heaven & Earth, Caledon

Philip en Anieke de Villiers troue, The One Heaven & Earth, Caledon

Phil & Anieke het hierdie pragtige venue in die Hemel-en-Aarde vallei tussen Caledon en Hermanus gekies vir hulle spesiale dag, en was dit nie ekstra spesiaal nie! Die seremonie in die woud is pragtig gelei deur Ds Christi Thirion, waarna die gaste buite die saal drankies en iets te ete geniet het. Woud-troue met Origami-voëls Uitsig oor die Hemel-en-Aarde vallei Die gaste is deur seremoniemeester Coenraad in die pragtige saal in genooi, en gevra om rondom die dansbaan plek in te neem. Elke gas het twee “starlites” gekry, met duidelike instruksies oor wanneer dit aangesteek moes word. Toe die bruidspaar opdaag is die starlites aangesteek, Phil en Anieke is hartlik verwelkom, en het sommer dadelik hulle openingsdans gedoen op die maat van John Legend se “All of Me”. Na ‘n ongelooflike maaltyd is daar begin dans, en daar is gedans en gesing tot na 1-uur die nag. DJ Gert was in sy element want, soos hy altyd sê, “dit is lekker en maklik om vir mense te speel wat wíl party”! Phil en Anieke, baie dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag – sekerlik die lekkerste troue wat ons nog die voorreg gehad het om by te kon speel. Ons bid julle alle sterkte en seën toe op julle pad vorentoe, veral in Moembaai! Bruidsmeisies en Anieke stap in Ds Christi Thirion se...

Bea-hann en Franchesca Brummer troue, De Uijlenes, Franskraal

Een ding waarvan Franchesca nooit beskuldig kan word nie, is dat sy geen detail aan toeval oorgelaat het met die beplanning van haar troue nie! Elke titseltjie van hierdie troue was goed deurdink en baie goed en prakties beplan. En vir meeste van die gaste was dit nie sommer net nog ‘n troue nie – dit was ‘n bruilof (soos die ouer mense van gepraat het) wat die Vrydag al begin het en Sondag na ontbyt eers klaargemaak het! Vrydagaand is daar gebraai en gekuier tot laatnag, en Saterdag vroeg was die gaste weer aan die gang. Party het na die omliggende dorpe toe gery vir ontbyt en/of om te kyk hoe swak die Stormers speel! Tydlyn vir die groot dag Intussen is ‘n paar afgevaardigdes na die area in die bos waar die seremonie sou plaasvind om dit reg te kry vir die middag. Die manne se klere, en geskenke en drinkgoed en sigare, is uitgepak waar hulle later sou moes verklee. Pa Graham, bekend as Superman onder sy twee dogters, het selfs Superman sokkies en “cufflinks” gekry! Preekstoel in die woud Ingang na die area waar seremonie later sou plaasvind Ruikers bokant “arch” Skoenlapper op lantern by trou-venue Na middagete het almal begin skarrel om betyds te wees vir die “I do” wat in die woud daar naby sou plaasvind. Bea-hann en die gaste het geduldig gewag vir die bruid en haar gevolg om op te daag. Hulle was so “bietjie” laat, want toe kom hulle agter die ringe het by hulle aantrekplek agter gebly. Uiteindelik het Franchesca en haar gevolg opgedaag, en die wag was absoluut...