Bellville Hoërskool Junior bal 2017

Op 9 September 2017 het Bellville Hoërskool se juniors lekker gedans met die musiek van DJ Gert.  Soos altyd verkies hulle om hulle versoeke voor die tyd deur te stuur sodat daar nie op die aand ‘n geskarrel is om die regte musiek te kry nie.

Soos ons al gewoond geraak het by hierdie funksies was die saal pragtig opgemaak, en al die leerders het pragtig gelyk – voorwaar ‘n uithang geleentheid.

 

Vir DJ Gert is dit ook ‘n geleentheid om meer van sy ligte, lasers en rookmasjien ten toon te stel as by meeste van die ander geleenthede waar hy optree, so hy geniet homself ook terdeë.

Op die aand was daar wel ‘n spesiale versoek van Mev De Villiers, en sy het onder groot gejuig van die leerders saam met hulle te kere gegaan op die klanke van Queen se Bohemian Rhapsody.

 

 

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *