Bennie & Iris O’Kennedy troue, Toscana, Durbanville

Iris en Bennie het hulle spesiale dag met familie en vriende gedeel by Toscana in die Durbanville omgewing.  Die huwelik is op die perseel voltrek, waarna die gaste heerlike canapes geniet het terwyl die bruidspaar die register-formaliteite afgehandel het.

Die gaste het metteryd na die saal verskuif waar hulle kon sit en wag en ietsie nat kon geniet terwyl hulle gewag het vir die tweetjies om hulle verskyning te maak na hulle foto-sessie.

Na die heildronke het Bennie en Iris die dansbaan geopen met Kurt Darren se “Hemel op Tafelberg” en die gaste het sommer gou ingeval en saamgedans.  Die groep was hoofsaaklik langarm-dansers, en daar was tot ‘n versoek vir ‘n behoorlike “riel” waarop die gaste goed vermaak is.  Ongelukkig was die “rieler” grieperig en kon hy nie die hele dans voltooi nie.

Wie se kind is jy? – riel

Iris en Bennie Playlist

 

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *