Carita & Edward de Jager troue, Delsma

Wat ‘n voorreg om die bruid te kon afgee en dan later as DJ vir die onthaal te kon optree. Getrou aan haar “procastrination”-aard het Carita die Donderdagaand voor die troue eers haar versoeke vir dansmusiek vir my gestuur, so die playlist was ‘n redelik “last-minute” affêre. Pa mag natuurlik nie vir die eerste gedeelte van die onthaal ge-DJ het nie, maar na die gooi van die ruiker en garter het DJ Gert sy dans met sy dogter gehad, waarna hy die leisels oorgeneem het en die jongklomp behoorlik van hulle voete af geblaas het met die bruid se keuse van musiek. Daar was darem so hier-en-daar iets vir die ouer geslag ook.

Die onthaal is gehou by die pragtige Delsma Farm plaas 5 km buite Hermon. Die aand voor die troue het dit katte en honde gereën tot 2-uur die nag. Maar toe raak dit ‘n pragtige dag, en die omliggende berge was op hulle mooiste getooi vir die spesiale dag van die twee jongmense.

Die party het aangehou tot na 1, waarop die bruid aangekondig het dat sy nog nie reg is om haar trourok uit te trek nie, en toe was daar maar ‘n after-party in n kleiner saal langsaan wat tot na 4 aangehou het!

Gelukkige bruidspaar

Gelukkige bruidspaar

 

 

 

 

 

ec (2 of 3) comp

 

DJ Gert dans met sy dogter Carita

DJ Gert dans met sy dogter Carita

As DJ Gert nie die party geniet nie, wie anders sal?

As DJ Gert nie die party geniet nie, wie anders sal?

Playlist

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *