Philip en Anieke de Villiers troue, The One Heaven & Earth, Caledon

Philip en Anieke de Villiers troue, The One Heaven & Earth, Caledon

Phil & Anieke het hierdie pragtige venue in die Hemel-en-Aarde vallei tussen Caledon en Hermanus gekies vir hulle spesiale dag, en was dit nie ekstra spesiaal nie! Die seremonie in die woud is pragtig gelei deur Ds Christi Thirion, waarna die gaste buite die saal drankies en iets te ete geniet het. Woud-troue met Origami-voëls Uitsig oor die Hemel-en-Aarde vallei Die gaste is deur seremoniemeester Coenraad in die pragtige saal in genooi, en gevra om rondom die dansbaan plek in te neem. Elke gas het twee “starlites” gekry, met duidelike instruksies oor wanneer dit aangesteek moes word. Toe die bruidspaar opdaag is die starlites aangesteek, Phil en Anieke is hartlik verwelkom, en het sommer dadelik hulle openingsdans gedoen op die maat van John Legend se “All of Me”. Na ‘n ongelooflike maaltyd is daar begin dans, en daar is gedans en gesing tot na 1-uur die nag. DJ Gert was in sy element want, soos hy altyd sê, “dit is lekker en maklik om vir mense te speel wat wíl party”! Phil en Anieke, baie dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag – sekerlik die lekkerste troue wat ons nog die voorreg gehad het om by te kon speel. Ons bid julle alle sterkte en seën toe op julle pad vorentoe, veral in Moembaai! Bruidsmeisies en Anieke stap in Ds Christi Thirion se...

Andrew & Melissa van Dorsten wedding, Constantia

From the moment I set foot at the house where Andrew and Melissa were going to get married, I knew that something special was about to happen! The stretch tents around the swimming pool, the lush garden, tables beautifully set, chairs ready in front of the arch, the beautiful bride’s table – all of this just helped to confirm my initial impression. The ceremony started just after 4PM with marriage officer Matt Mills delivering a special message to the couple and all guests present. The guests were treated to drinks and canapes while the bridal party set off in a Ford Mustang for their photo shoot. Unfortunately they were a bit late in returning to the venue since one of the groomsmen decided it was a good idea to leave the photo shoot with the keys to the Mustang in his pocket! But in the meantime the guests were really getting into a festive mood, and not even the loadshedding from 6PM to 8:30PM could dampen the spirits. Once the couple had returned, it was time for the toasts and speeches. Thanks to ESKOM all of these were delivered by candlelight, which made the occasion even more special. Both the bride and groom made very nice speeches, and one got the impression that they are both serious about their love for each other. Next up was the opening dance, or rather, the opening spectacle. Andrew and Melissa opened the dance floor to the stunning “Tightrope” sung by Michelle Williams. The rest of the bridal party then joined them for a beautifully choreographed medley featuring extracts from “Footloose”, “Time Warp”,...

Emuel en Margo Venter troue, Mont Rouge, Tulbagh

Ek het al voorheen gesê dat Mont Rouge op sy mooiste is in November, en 4 November 2017 was geen uitsondering nie!  Emuel en Margo het in die driffie by Mont Rouge trou aan mekaar gesweer onder uiters  bekwame leiding van Ds Johan van Rooyen van die Groote Kerk in Kaapstad. Daar was bietjie confusion toe die twee mekaar die regterhand moes gee maar hulle het dit eindelik reggekry!  Nadat die huwelik amptelik verklaar is wou die dominee bid maar Emuel het gou gevra wanneer mag hy dan nou vir Margo soen.  Onder toejuiging van die gaste het hy haar sommer behoorlik gesoen. Die bruidspaar het in die saal die huweliksregister gaan teken en die gaste het gewag het om hulle met roosblare te bestrooi oppad na die lapa en grasperk waar drankies en ‘n voorgereg bedien is.  Voorgereg het bestaan uit ‘n unieke “kaaskoek” wat die twee gesny het voordat hulle weg is om foto’s te laat neem.  Die gaste het toe ingevaar en die kaas geniet saam met heerlike druiwe, olywe, brood, biltong, konfyt, neute ens So net voor 6-uur het seremoniemeester Johan Lauten die gaste na die mooi opgemaakte saal genooi en het hulle plek ingeneem by die pragtig gedekte tafels. Die bruidspaar het by die gaste aangesluit en daar is sommer dadelik afgeskop met die heildronke gevolg deur  n heerlike hoofgereg.   Emuel en Margo het die dansbaan geopen op Michael Bublé se “Everything” – Emuel het Margo so dronk gedraai dat sy sommer met die deur in die huis geval het!  Die gaste het sommer gou saam met hulle ingeval en gedans.  Na kort...

Wally en Griet Horak troue, Die Blomstoor, Kleinmond

Op Wally (of De Waal soos party mense hom noem) se sestigste verjaardag het hy en sy droomvrou Griet (of Grietjie) van 43 jaar gelede uiteindelik die knoop deurgehaak by een van die pragtigste trou-venues wat mens aan kan dink. Die geleentheid was behoorlik ‘n “joyful celebration” soos Griet dit in haar eerste epos aan my beskryf het.  Die weer het saamgespeel en dit was sommer lekker warm vir hierdie tyd van die jaar, die bruid was pragtig uitgevat, die gaste was in ‘n goeie luim, en Ds Steven Sass het met sy pittige sêgoed almal behoorlik tuis laat voel. Nadat die formaliteite afgehandel is en die bruidspaar met roosblare ge-konfetti is, het die gaste buite op die stoep en grasperk heerlike happies geëet en drankies gedrink.  Die sjampanje het gevloei asof daar nie ‘n einde aan die voorraad was nie. Skuins voor 7 het die gaste na die eetsaal beweeg waar Griet en Wally toesprake gemaak en heildronke ingestel het voordat die uitstekende hoofgereg bedien is.  Daar is sommer heerlik gekuier aan die tafels, en dit was ‘n behoorlike gesukkel om die gaste te kry om na die dansarea te gaan om die bruidspaar op die dansbaan te verwelkom vir hulle openingsdans.  Wally het “Wine, Woman and Song” van Johann Strauss gekies vir die openingsdans, en toe het die dansery in alle erns begin.  Van die gaste het verder in die eetsaal gekuier terwyl die ander rondom die dansbaan, by die kroeg en buite verder gekuier het. Dankie Wally en Griet dat ons deel van julle “joyful celebration” kon wees – ek hoop werklik julle het genoeg geleentheid...

Piet en Lizette Walters troue, Rondekuil, Durbanville

Piet en Lizette het hulle spesiale dag op die plaas Rondekuil buite Durbanville gehou. Met hulle aankoms is die gaste trakteer op gemmerbier en iced tea voordat hulle saam met Piet in die saal gaan wag het vir Lizette om haar opwagting te maak.  Na die huweliksbevestiging deur Ds André van Wyk van Durbanville Moedergemeente het die gaste uitbeweeg en die paartjie behoorlik ge-konfetti toe hulle uitgestap het. Piet en Lizette is weg om foto’s te laat neem, en die gaste het buite op die stoep die fris wind trotseer met drankies en ‘n heerlike kaasbord. Die gaste is terug in die saal in en het die bruidspaar hartlik verwelkom met hulle aankoms.  Voorgereg is bedien waarna ‘n paar toesprake en heildronke gelewer is.  Pieter se dogters, Christelle en Melissa, het toe Riana Nel se “Tweede Kans” vir die bruidspaar gesing – werklik pragtig. Hierna is die hoofgereg bedien, en toe het Piet en Lizette die dansbaan ge-open met Andriëtte se “Vertrou”.  Hierna het die gaste aangesluit en is daar heerlik gedans en gekuier tot skuins voor...