Bea-hann en Franchesca Brummer troue, De Uijlenes, Franskraal

Bea-hann en Franchesca Brummer troue, De Uijlenes, Franskraal

Een ding waarvan Franchesca nooit beskuldig kan word nie, is dat sy geen detail aan toeval oorgelaat het met die beplanning van haar troue nie! Elke titseltjie van hierdie troue was goed deurdink en baie goed en prakties beplan. En vir meeste van die gaste was dit nie sommer net nog ‘n troue nie – dit was ‘n bruilof (soos die ouer mense van gepraat het) wat die Vrydag al begin het en Sondag na ontbyt eers klaargemaak het! Vrydagaand is daar gebraai en gekuier tot laatnag, en Saterdag vroeg was die gaste weer aan die gang. Party het na die omliggende dorpe toe gery vir ontbyt en/of om te kyk hoe swak die Stormers speel! Tydlyn vir die groot dag Intussen is ‘n paar afgevaardigdes na die area in die bos waar die seremonie sou plaasvind om dit reg te kry vir die middag. Die manne se klere, en geskenke en drinkgoed en sigare, is uitgepak waar hulle later sou moes verklee. Pa Graham, bekend as Superman onder sy twee dogters, het selfs Superman sokkies en “cufflinks” gekry! Preekstoel in die woud Ingang na die area waar seremonie later sou plaasvind Ruikers bokant “arch” Skoenlapper op lantern by trou-venue Na middagete het almal begin skarrel om betyds te wees vir die “I do” wat in die woud daar naby sou plaasvind. Bea-hann en die gaste het geduldig gewag vir die bruid en haar gevolg om op te daag. Hulle was so “bietjie” laat, want toe kom hulle agter die ringe het by hulle aantrekplek agter gebly. Uiteindelik het Franchesca en haar gevolg opgedaag, en die wag was absoluut...

Andrew & Melissa van Dorsten wedding, Constantia

From the moment I set foot at the house where Andrew and Melissa were going to get married, I knew that something special was about to happen! The stretch tents around the swimming pool, the lush garden, tables beautifully set, chairs ready in front of the arch, the beautiful bride’s table – all of this just helped to confirm my initial impression. The ceremony started just after 4PM with marriage officer Matt Mills delivering a special message to the couple and all guests present. The guests were treated to drinks and canapes while the bridal party set off in a Ford Mustang for their photo shoot. Unfortunately they were a bit late in returning to the venue since one of the groomsmen decided it was a good idea to leave the photo shoot with the keys to the Mustang in his pocket! But in the meantime the guests were really getting into a festive mood, and not even the loadshedding from 6PM to 8:30PM could dampen the spirits. Once the couple had returned, it was time for the toasts and speeches. Thanks to ESKOM all of these were delivered by candlelight, which made the occasion even more special. Both the bride and groom made very nice speeches, and one got the impression that they are both serious about their love for each other. Next up was the opening dance, or rather, the opening spectacle. Andrew and Melissa opened the dance floor to the stunning “Tightrope” sung by Michelle Williams. The rest of the bridal party then joined them for a beautifully choreographed medley featuring extracts from “Footloose”, “Time Warp”,...

Phillip en Inge Nel troue, Mont Rouge, Tulbagh

C. Louis Leipoldt het gesê Oktober is die mooiste maand, maar ek het Mont Rouge nog nooit so mooi gesien soos tydens hierdie troue aan die begin van November nie – miskien het dit maar net oorgeloop van Oktober af! http://djgert.co.za/wp-content/uploads/2016/11/GOBOnosound.mp4 Inge Rix en Phillip Nel het besluit om hier te trou, en onder die bekwame leiding van Inge se troubeplanner/vriendin/strooimeisie Stephanie het hulle ‘n troue gehad wat so mooi was soos die omgewing waarin dit gehou is. Nagenoeg 120 gaste het by die pragtige driffie gesit en wag vir Inge om op te daag, terwyl Phillip senuweeagtig saam met sy strooijonkers rondgestaan en wag het. Eindelik het Inge en haar gevolg opgedaag en ingestap op “Darling” van Majozi.  Inge was beeldskoon getooi – soveel so dat Phillip ‘n paar trane moes wegpink!  Inge moes self ‘n paar keer diep asemhaal voordat Pastoor Dave Basson van die Kingdom Light Church kon begin om sy ernstige boodskap in ‘n baie ligte luim oorgedra het. Nadat die tweetjies wettig getroud verklaar is het hulle die huweliksregister in die saal gaan teken, en die gaste het ‘n erewag gevorm van die saal se uitgang af na die lapa om hulle met roosblare te bestrooi. By die lapa is ‘n heerlike broodtafel as canapés bedien, en allerhande interessante drankies en ook draai-roomyse is voorgesit. Fotograaf Liesl Basson en haar assistent het foto’s van die bruidspaar saam met hulle gaste geneem op die grasperk rondom die lapa totdat die bruidspaar saam met Liesl weg is vir hulle fotosessie tydens die “goue uur” van lig net voor sonsondergang. Die gaste het op hulle eie tyd na die saal begin...

Philip en Anushka Smit troue, Eensgezind, Durbanville

http://djgert.co.za/wp-content/uploads/2016/11/AnushkaPhilipGOBOsml.mp4 Mens kan amper nie glo dat daar binne ‘n paar minute se ry van Durbanville af daar so ‘n pragtige onthaalsaal soos Eensgezind kan wees nie. Met ‘n groot saal wat uitloop op ‘n pragtige stoep wat uitkyk oor ‘n dam, is dit werklik ‘n idilliese venue.  En dit is op hierdie stoep waar Philip en Anushka aan mekaar trou gesweer het op ‘n heerlike Saterdagmiddag. Met die instap van die gevolg en Anushka was dit al duidelik dat hierdie ‘n spesiale troue gaan wees.  Ds Jaco van Dyk het die diens pragtig gelei rondom die tema van heuning en bye, en daar was vir die oud-getroudes ook ‘n boodskap of twee gewees.  Na die formulier aan die bruidspaar voorgehou is en hulle JA gesê het, het Philip vir Anushka gesoen, en hulle is toe weg om die register te gaan teken. Die gaste het buite vir die twee gaan wag om hulle met roosblare te bestrooi, en toe is daar op die stoep heerlike canapés bedien met lekker koel drankies om die gaste se onmiddelike dors te les. Die bruidspaar het saam met die fotograaf verdwyn vir hulle foto-sessie, en hulle het so skuins voor 7 by die onthaal aangesluit. Nadat ‘n heerlike hoender-voorgereg bedien is, is die heildronke afgehandel, en Philip het sy bedankings met soveel moontlik grasie hanteer. Hierna is ‘n ongelooflike buffet as hoofgereg voorgesit – voorwaar van die lekkerste wat ek nog by ‘n troue geëet het! Teen hierdie tyd het die gaste se voete al gejeuk om te dans, en die bruidspaar het die dansvloer geopen met Adele se “One and only”, maar...

Louis en Vanessa Smit troue, Fraaigelegen, Paarl

http://djgert.co.za/wp-content/uploads/2016/10/LouisVanessaGOBOsml.mp4   Louis en Vanessa het op Vanessa se verjaardag trou aan mekaar gesweer op die Fraaigelegen plaas tussen Paarl en Franschhoek.  Die seremonie is voltrek op die grasperk voor hierdie pragtige herehuis. Na die seremonie is die gaste trakteer op vars gebakte pizza-stukkies en heerlike koel drankies, terwyl daar ook ‘n kontantkroeg was vir diegene wat ietsie “sterker” wou geniet. Die gaste het binnetoe beweeg en gewag vir die bruidspaar om hulle opwagting by die onthaal te maak.  Na ‘n kort wag het hulle opgedaag en die saal binnegestap op Ellie Goulding se “Love Me Like You Do”. Die voorgereg is bedien waarna al die toesprake en bedankings afgehandel is.  Daarna is die gaste trakteer op ‘n heerlike hoofgereg wat insluit steak wat na smaak voorberei word – werklik ‘n unieke ervaring eie aan Fraaigelegen. Louis en Vanessa het die dansbaan geopen met Ed Sheeran se treffer “Thinking Out Loud”, en na ‘n rukkie het van die gaste by hulle aangesluit. Pa Graham het self die liedjie vir sy dans met Vanessa gekies, en dit was vir haar ‘n groot verrassing gewees – toevallig ‘n stukkie van een van die liedjies wat sy gevra het ek definitief nie mag speel nie. Hierna was dit tyd vir die gooi van die ruiker en die garter. Die kroeg is baie goed ondersteun terwyl daar heerlik verder gedans is, en DJ Gert moes bontstaan om aan al die versoeke te probeer voldoen.  Van die “Kalfiewals” tot “Scatman” is gespeel, en pa Graham was knaend met sy versoeke vir Juanita se pragtige “Lief vir Jou” wat ek uiteindelik 3 keer moes speel!  Maar nou...

Eugene en Larissa Myburgh troue, Domaine Brahms, Paarl

Eugene en Larissa is in die eg verbind deur Gregory Otto in dié pragtige klein kapel op ‘n heerlike amper-somersdag op hierdie spog wynlandgoed buite die Paarl. Terwyl die gaste heerlike canapés geniet het na die seremonie is daar sommer ‘n paar groepfoto’s ook geneem en het die bruidspaar die koek gesny, reg vir nagereg later die aand.  Van die gaste het sommer daar al van die heerlike aarbeie van die koek af geëet! Eugene en Larissa het vir ‘n kort rukkie saam met die fotograaf verdwyn vir ‘n paar foto’s, en die gaste het na die saal beweeg waar hulle drankies geniet het en mekaar sommer beter leer ken het. Nadat die bruidspaar by die verrigtinge aangesluit het is ‘n aantal heildronke ingestel, waarna ‘n heerlike aandete bedien is. Eugene en Larissa het hierna die dansbaan geopen en bietjie later is die ruiker en kousband gegooi.  Daar is voortgegaan met dans terwyl die troukoek en ander heerlike happies as nagereg voorgesit is. Eugene en Larissa, ons wens julle baie sterkte toe met julle huwelik, en ons glo julle gaan vele gelukkige jare saam deurbring – ons kan sommer sien julle is vir mekaar bedoel! Youtube...