Don en Retha Hamilton troue, Rusticana, Klapmuts

Op ‘n heerlike warm Saterdag van Paasnaweek het Don en Retha die knoop deurgehaak onder leiding van Ds Chris le Roux tussen die pragtige olyfboorde by Rusticana naby Klapmuts.

Die bruidspaar het na die seremonie die huweliksregsiter in die saal gaan teken terwyl die gaste buite op hulle gewag het om hulle met seepborrels te “strooi” (ipv konfetti) en sodoende hulle seën op Don en Retha se huwelikspad toe te wens.

Die gaste is hierna langs die swembad buite die saal trakteer op drankies en die bruidspaar het sommer daar die koek gesny.

Skuins voor 7 het seremoniemeester Dirk Pretorius die gaste in die saal ingenooi waar ‘n heerlike voorgereg voorgesit is.

In afwagting van die bruidspaar is daar ‘n speletjie gespeel waartydens een persoon van elke tafel “selfies” moes neem met verskeie mense of items soos aangedui deur die seremoniemeester. Die “selfies” is dan aan die paneel van beoordelaars (verteenwoordig deur die bruidegom se gevolg) voorgelê, en na elke rondte is deelnemers elimineer totdat daar een wenner oor was wat ‘n bottel “shooters” vir sy tafel gewen het.

Na die speletjie het Mnr Don en die NUWE Mev Retha HAMILTON hulle opwagting gemaak onder luide applous van die gaste.

Nadat ‘n paar heildronke ingestel is het Rusticana ‘n baie smaaklike buffet-styl hoofgereg  voorgesit.

Don en Retha het die dansbaan geopen met Brandi Carlile se pragtige “The Story”, en later het Retha saam met haar pa gewals op die maat van Randall Wicomb se “Duitswes Wals“.

In plaas van die tradisionele gooi van die kousband moes die manne wat wou deelneem opgeblaasde balonne aan hulle voete vasmaak en die ander s’n probeer breek – die idee is dat die persoon wat laaste oorbly met ‘n heel ballon die garter sou wen.  Die manne het hierdie nuutjie nogal geniet en dit het gelei tot groot pret.

Na al die formaliteite het die res van die gaste ook heerlik saam gedans.  DJ Gert moes behoorlik bontstaan om aan die versoeke wat die bruidspaar vooraf gegee het asook die gaste s’n te voldoen.

Don en Retha, ek wens julle alles van die beste toe op julle pad vorentoe – mag julle met net die beste van alles geseën word.

Youtube videos

“Doen die Sexy Hoender” – Marulaboom

“Juicy Wiggle” – Redfoo

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *