Eddie & Janika Harley troue, Mont Rouge, Tulbagh

Eddie en Janika het trou aan mekaar gesweer op ‘n pragtige wintersmiddag by Mont Rouge buite Tulbagh.

Die diens is besonders gelei deur Pastoor Hansa Underhay van NLT logo

Na die diens is die gaste by die lapa trakteer met ‘n broodtafel, met warm koffie, koue bier, Old Brown sjerrie en pons (mét of sonder skop!).  Behalwe vir die heerlike verversings, was hulle ook trakteer op ‘n uitsig van die pragtige berge rondom Mont Rouge.

20160611_164641 comp

Hierna het die gaste na die saal beweeg waar die tafels pragtig versier was met proteas en rose.

20160611_172233 comp

20160611_172320

Die verrigtinge in die saal het afgeskop met die aankoms van Mnr en die “nuwe” Mev Harley, waarna al die heildronke ingestel en bedankings gedoen is.  ‘n Heerlike hoofgereg met spit-gebraaide lam, hoenderpastei, groente en slaai is hierna bedien.

Die bruidspaar het die dansbaan ge-open op die klanke van Vance Joy se pragtige “Fire and the Flood”, en ‘n rukkie later het Janika en haar pa Jan die gaste gewys hoe pa en dogter kan dans op Neil Diamond se “Beautiful Noise”.

‘n Rukkie na 9 is die koek gesny, ruiker gegooi, Eddie het die kousband van Janika se been afgehaal en gegooi, en toe is daar voluit gedans tot 12-uur.  Selfs Ouma Blompot het by die jongklomp aangesluit vir Baby Tjoklits!

Eddie en Janika, ons wens julle alle voorspoed toe op julle pad vorentoe – ons weet sommer julle gaan ‘n lang en gelukkige pad saam stap!

Video playlist op YouTube

Die fotograaf vir die troue was Liesl Basson – sien van die foto’s op haar facebook bladsy

Janika en Eddie saam met DJ Gert

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *