Emuel en Margo Venter troue, Mont Rouge, Tulbagh

Ek het al voorheen gesê dat Mont Rouge op sy mooiste is in November, en 4 November 2017 was geen uitsondering nie!  Emuel en Margo het in die driffie by Mont Rouge trou aan mekaar gesweer onder uiters  bekwame leiding van Ds Johan van Rooyen van die Groote Kerk in Kaapstad.

Daar was bietjie confusion toe die twee mekaar die regterhand moes gee maar hulle het dit eindelik reggekry!  Nadat die huwelik amptelik verklaar is wou die dominee bid maar Emuel het gou gevra wanneer mag hy dan nou vir Margo soen.  Onder toejuiging van die gaste het hy haar sommer behoorlik gesoen.

Die bruidspaar het in die saal die huweliksregister gaan teken en die gaste het gewag het om hulle met roosblare te bestrooi oppad na die lapa en grasperk waar drankies en ‘n voorgereg bedien is.  Voorgereg het bestaan uit ‘n unieke “kaaskoek” wat die twee gesny het voordat hulle weg is om foto’s te laat neem.  Die gaste het toe ingevaar en die kaas geniet saam met heerlike druiwe, olywe, brood, biltong, konfyt, neute ens

So net voor 6-uur het seremoniemeester Johan Lauten die gaste na die mooi opgemaakte saal genooi en het hulle plek ingeneem by die pragtig gedekte tafels.

Die bruidspaar het by die gaste aangesluit en daar is sommer dadelik afgeskop met die heildronke gevolg deur  n heerlike hoofgereg.

 

Emuel en Margo het die dansbaan geopen op Michael Bublé se “Everything” – Emuel het Margo so dronk gedraai dat sy sommer met die deur in die huis geval het!  Die gaste het sommer gou saam met hulle ingeval en gedans.  Na kort onderbrekings vir die gooi van die ruiker en die kousband is daar voort gedans en gesing tot 1-uur.

Emuel en Margo, dit was sekerlik die wonderlikste troue wat ons nog gedoen het – dankie dat ons deel kon wees daarvan.

Ons wens julle toe alles wat goed en gelukkig is op julle huwelikspad vorentoe.

Amptelike fotos deur Coba Photography – Klik hier vir volledige album of kyk op facebook

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *