Eugene en Larissa Myburgh troue, Domaine Brahms, Paarl

Eugene en Larissa tydlyn

Eugene en Larissa is in die eg verbind deur Gregory Otto in dié pragtige klein kapel op ‘n heerlike amper-somersdag op hierdie spog wynlandgoed buite die Paarl.

Eugene en Larissa kapel

Terwyl die gaste heerlike canapés geniet het na die seremonie is daar sommer ‘n paar groepfoto’s ook geneem en het die bruidspaar die koek gesny, reg vir nagereg later die aand.  Van die gaste het sommer daar al van die heerlike aarbeie van die koek af geëet!

Eugene en Larissa canapés

Eugene en Larissa se troukoek

Eugene en Larissa het vir ‘n kort rukkie saam met die fotograaf verdwyn vir ‘n paar foto’s, en die gaste het na die saal beweeg waar hulle drankies geniet het en mekaar sommer beter leer ken het.

Nadat die bruidspaar by die verrigtinge aangesluit het is ‘n aantal heildronke ingestel, waarna ‘n heerlike aandete bedien is.

Eugene en Larissa het hierna die dansbaan geopen en bietjie later is die ruiker en kousband gegooi.  Daar is voortgegaan met dans terwyl die troukoek en ander heerlike happies as nagereg voorgesit is.

Eugene en Larissa dansvloer

DJ Gert saam met Larissa en Eugene Myburgh

DJ Gert saam met Larissa en Eugene Myburgh

Eugene en Larissa, ons wens julle baie sterkte toe met julle huwelik, en ons glo julle gaan vele gelukkige jare saam deurbring – ons kan sommer sien julle is vir mekaar bedoel!

Youtube videos

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *