Gerjo en Cara van Niekerk troue, Bodemloos Kombuis, Mon Desir, Grabouw

Gerjo en Cara van Niekerk troue, Bodemloos Kombuis, Mon Desir, Grabouw

Wat ‘n voorreg om by my seun se troue te kon optree. Gerjo het jare terug toe ons op neef Henk se plaas gekuier het al besluit dat hy eendag hier gaan trou – hy moes nog net die regte vrou kry. En gelukkig vir hom het die pragtige plaas ‘n ent buite Grabouw vir Cara en haar ouers ook geval.

Die naweek het nat begin, met ‘n sommer BAIE nat Vrydag. Maar gelukkig het Henk en sy dogter Lindi seker gemaak dat die gaste wat op die plaas oorgebly het almal lekker droog kon slaap deur ‘n groot stretch-tent bo-oor die 2-man tentjies op te slaan. En gelukkig het die reën teen Saterdagoggend heeltemal verdwyn en kon ons uitsien na ‘n droë troue.

Vrydagaand is daar tot laat-aand gekuier en pizzas geëet, en Saterdagoggend was dit skouer aan die wiel om die onthaal- en trou-plek gereed te kry. Die “arch” wat ek en Hesta gebou het moes opgeslaan word, DJ stelsel opgeslaan word, tafels en stoele is aangedra en versier, en binne ‘n kort tydjie was alles sommer pragtig. Daar was selfs tyd om die semi-finaal van die wêreldbeker rugby tussen Engeland en Nieu-Zeeland te kyk!

After lunch everyone started getting dressed and ready for the ceremony under a stretch tent. Our dear friend (and ex-pastor) James de Villiers was to lead the sermon. Cara and her bridesmaids arrived just as some of the ladies present voluneered to take her place. But, as James said, it is the bride’s prerogative to be fashionably late!

Daar was nie ‘n droë oog in die huis toe Champ, Gerjo se Jack Russell, geroep is om die ringe in te bring nie.

And more tears were to follow when Gerjo called Dacota and gave her her own ring, pronouncing her a Van Niekerk, and making her the same promises that he made to Cara.

Die paartjie en hulle ouers is hierna in die huis in om die trouregister te teken terwyl die gaste langs die onthaalarea begin kuier het aan ‘n heerlike plaastafel met allerlei lekker eet- en drink-goed.

Pretty soon Gerjo and Cara joined the guests, and the toasts and cutting of the wedding cake followed immediately. A while later the photographer whisked the couple away for the final golden hour photo-shoot,and the guests entered the beautifully set reception area.

Na ‘n heerlike hoofgereg (wat heeltemal te veel was) is nog ‘n paar van die formaliteite afgehandel. Cara en haar pa het die dansvloer geopen op Heartland se “I Loved Her First”. Hierna het Gerjo en Cara hulle passies gewys op Thomas Rett se “Die a Happy Man”. Dit is gevolg deur die bruid en bruidegom se moeders wat met hulle seuns gedans het op Boney M se immergewilde “Going Back West”.

Die voorlaaste van die formaliteite was natuurlik Gerjo se bedankings. Alhoewel sy vriende hom gekoggel het het hy homself baie goed van sy taak gekwyt. Laastens was dit tyd vir die gooi van die ruiker en die garter, en toe het die dans in alle erns begin .

The dancing continued until after 1 to a mixture of langarm, rock, pop, jazz, trance and everything in-between when the “vasbyters” got together around a fire outside and partied till the wee hours of the morning.

Sondagoggend het almal lekker saam ontbyt geëet en help oppak, en toe kon ons rustig sit en kyk hoe die Springbokke vir Wallis klop in die ander semi-finaal van die wêreldbeker rugby voordat ons kon terugkeer huistoe om ‘n bietjie welverdiende slaap te probeer inhaal.

Dit was ‘n heerlike bruilof-naweek saam met ons kinders, familie en vriende. Gerjo en Cara, dankie dat ons deel kon wees van julle huweliks-verrigtinge. Ons bid en vertrou dat dit met julle net goed sal gaan in die toekoms.

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *