Gustav en Julian Hendrich troue, Fraaigelegen, Paarl

Fraaigelegen-crop

Op ‘n pragtige somersdag het Gustav en Julian hulle huweliksbeloftes in die tuin voor hierdie pragtige herehuis by Fraaigelegen tussen die wingerde van die Paarl en Franschhoek afgelê.

DL IMG-20160720-WA0003

Julian se entourage is gelei deur klein Werner met die ringe en die blommemeisie, voordat Julian haar verskyning gemaak het, pragtig getooi in lyn met hulle “Royal Decree” tema.

DL 20161215_161354

DL 20161215_161405

Ds Saayman het die boodskap gebring met ‘n uiteensetting van die agapé-liefde soos beskryf in 1 Kor 13, en die toepaslikheid daarvan in die huwelik.  Die bruidspaar het hierna hulle beloftes afgelê en ringe uitgeruil, en toe die huweliksregister in die herehuis gaan teken.

Hulle is buite die huis deur die gaste ingewag met roosblare en hulle is behoorlik daarmee ge-konfetti toe hulle uitgestap het.

Terwyl die gaste heerlike canapes geniet het langs die lapa het die bruidspaar verdwyn vir hulle foto-sessie.

DL 20161215_171155

Met hulle terugkeer het die gaste hulle reeds in die saal ingewag om hulle hartlik te verwelkom by hulle koninklike tafel, ewe met krone.  Na die tafelgebed het Gustav en Julian hulle eenheidskers aangesteek terwyl die voorgereg bedien en geniet is.

DL 20161215_171046

DL 20161215_171036

Die heildronke op die bruidspaar, Julian se ma, en Julian self is toe gedoen, terwyl Gustav self die heildronk op sy ouers ingestel en die bedankings gedoen het.  Hierna is die gaste trakteer op Louis van Fraaigelegen se tradisionele biefstuk-hoofgereg met al die nodige bykosse.

Gustav en Julian het die gaste behoorlik vermaak met hulle openingsdans op die klanke van “Gooi jou arms om my”, en hierna het die gaste by hulle aangesluit vir ‘n paar danse totdat dit tyd was om die res van die formaliteite af te handel.  Eers het hulle die troukoek gesny, waarna Julian haar ruiker gegooi het, en Gustav sonder te veel moeite die kousband afgehaal en gegooi het.

Hierna het die gaste weer heerlik verder gedans, en op ‘n stadium het Gustav die gaste na hulle asems laat snak met sy “kossak”-passies op die klank van Helmut Lotti se “Otschi Tschornije” – ek dink hy was hierna vir ‘n lang tyd baie styf  gewees!

Gustav en Julian, ons wens julle net alles van die beste toe op julle huwelikspad – mag dit ‘n lang, gelukkige en voorspoedige huwelik wees!

DJ Gert by Gustav en Julian

Youtube Playlist (vertoon al die videos in volgorde)

Gaste dans op YouTube

1 Comment

  1. Beste Gert,

    Baie hartlike dankie vir die pragtige boodskap en die uitstekende samevatting van die trougeleentheid. Dit was werklik puik werk.
    Ons bedank u opreg vir al u moeite en professionele diens as seremoniemeester.

    Nogmaals baie dankie en ons wens u ‘n voorspoedige Nuwejaar 2017.

    Beste wense,

    Gustav en Julian

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *