Jacques & Cecile van Zyl Troue, Delsma Farm, Riebeek Kasteel

‘n Regtige “classy” troue, met bykans 150 gaste by ‘n pragtige venue.  Delsma Farm is ‘n werkende plaas tussen Hermon en Riebeek Kasteel, waar eienaars Pieter en Elizma Smuts hierdie besonderse trou-venue bedryf.  Daar is ook verskeie opsies vir akkomodasie vir nagenoeg 100 gaste.

Die span het ‘n bedouin-afdak buite die saal opgeslaan waar die gaste canapes en drankies kon geniet terwyl hulle gewag het vir die bruidspaar en gevolg om van die foto-sessie terug te keer.

J&C Buite

Buite die saal het almal lekker gekuier terwyl daar gewag is vir die bruidspaar en gevolg om terug te keer van die foto-sessie af

Met die aankoms van Jacques en Cecile is die gaste almal die saal binne, en het die verrigtinge begin met die verwelkoming waarna daar ‘n heerlike kaasbord en sop as voorgereg bedien is.  Jacques en Cecile sluit aan by gaste

J&C Lang tafels

Saal pragtig getooi met twee lang tafels aan weerskante, bruidstafel agter, en ‘n lekker dansbaan in die middel

 

J&C tafel setting

Geen moeite is ontsien om alles spesiaal en uniek te maak nie!

 

Die formaliteite van heildronke en toesprake het bietjie langer geneem as beplan, maar die wag was die moeite werd vir die heerlike hoofgereg van “lamb shank” op kapokaartappels en die gaste het omtrent gesmul aan die heerlike kos.

J&C Heildronk

Heildronk op Jacques en Cecile

J&C Lamb shank

Heerlike “lamb-shank” op kapokaartappels

Hierna is die dansbaan geopen, en Jacques en Cecile het eers hulle passies ten toon gestel op die maat van “Into the Mystic” van The Wallflowers, voordat die ander gaste by hulle aangesluit het op Charlie Puth se “Marvin Gaye”.

Na omtrent 30 minute is die musiek gestop vir die gooi van die ruiker en garter, en toe is die nagereg-tafel bekend gestel.

Die heerlikste "red velvet cupcakes" is saam met nagereg bedien!

Die lekkerste “red velvet cupcakes” is saam met nagereg bedien!

Jacques en Cecile verlaat die onthaal

Hierna het die dans aangehou tot laat – baie laat!  Pieter, die eienaar van Delsma, is ‘n familielid van die bruidegom en het opdrag gegee dat die musiek moet aanhou tot hy sê dit is verby.  Daar was later net 8 gaste oor, maar hulle het aanhou dans tot die einde uiteindelik aangekondig is skuins na 2!

DJ Gert saam met Cecile en Jacques

DJ Gert saam met Cecile en Jacques

Nog videos:

Logo op dansvloer

Ligte

Playlist

 

 

 

3 Comments

  1. Die venue en blomme het saam die mooiste prentjie denkbaar gevorm. Die musiek het gemaak dat die jonges van gees net nie wou gaan slaap nie en het DJ Gert tot na 02h00 besig gehou.

    Wat n fees was dit nie !!!!!! Ons gaan nog lank praat oor hierdie troue…

    Reply
    • Baie dankie vir die mooi woorde Cobus – ek het dit regtig geniet om vir die jongklomp te speel – ek het ‘n paar moves op daai baan gesien wat ek liewer nie sal publiseer nie!

      Reply
  2. Baie dankie vir ‘n ongelooflike aand se musiek. Ons kon nie vir ‘n beter DJ gevra het nie, al het hy my nou wel geteister tydens my toespraak.
    Ons sal verseker vir DJ Gert aanbeveel.
    Baie dankie!

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *