Jano & Bianca Kriel, Mont Rouge, Tulbagh

Jano Kriel en Bianca Marais het op ‘n pragtige sonnige herfsmiddag trou aan mekaar gesweer in die driffie by die pragtige Mont Rouge buite Tulbagh.  Die gaste is na die diens en bevestiging trakteer op heerlike canapés by die lapa, en toe die son sak en dit begin koud raak, het almal na die saal beweeg vir die res van die formaliteite, ete en dans.  Die nuwe Mnr & Mev Kriel het so skuins na 6-uur hulle opwagting by die onthaal gemaak, en sommer met die intrapslag het hulle die dansbaan geopen, en van die gaste het by hulle aangesluit vir die eerste paar danse.  Daarna was daar ‘n paar heildronke ingestel, die koek is gesny, hoofgereg met vark en lam van ‘n spit af is geniet, en toe het die dans in alle erns begin.

Natuurlik het die gooi van die garter en die ruiker, asook die tradisionele bedankings deur die bruidegom, nie agtergebly nie.  Jano is omring deur ‘n hele klomp sogenaamde vriende wat hom behoorlik natgespuit het, hom uitgejou het en selfs ‘n paar “mexican waves” suksesvol uitgevoer het.

Nog later kon die gaste hulself gaan help aan nagereg wat bestaan het uit die troukoek saam met roomys, en Charl moes maar bontstaan agter die kroeg wat deurlopend goed ondersteun is.

Dankie Jano en Bianca dat julle ons gekies het om musiek vir julle spesiale dag te verskaf.  Ons het dit baie geniet en wens julle ‘n lang en rooskleurige toekoms saam met mekaar toe.

DJ Gert saam met Jano & Bianca

Videos

YouTube Video playlist

Bruidspaar arriveer by onthaal

Boesmanland

Jano bedankings

Jano gooi die kousband

Bianca gooi haar ruiker

Die playlist vir die aand

1 Comment

  1. Dankie oom Gert. Oom het n groot bydrae gehad tot die perfekte dag vir my en Bianca

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *