Louis en Vanessa Smit troue, Fraaigelegen, Paarl

 

Fraaigelegen-crop

Louis en Vanessa het op Vanessa se verjaardag trou aan mekaar gesweer op die Fraaigelegen plaas tussen Paarl en Franschhoek.  Die seremonie is voltrek op die grasperk voor hierdie pragtige herehuis.

Na die seremonie is die gaste trakteer op vars gebakte pizza-stukkies en heerlike koel drankies, terwyl daar ook ‘n kontantkroeg was vir diegene wat ietsie “sterker” wou geniet.

Die gaste het binnetoe beweeg en gewag vir die bruidspaar om hulle opwagting by die onthaal te maak.  Na ‘n kort wag het hulle opgedaag en die saal binnegestap op Ellie Goulding se “Love Me Like You Do”.

Die voorgereg is bedien waarna al die toesprake en bedankings afgehandel is.  Daarna is die gaste trakteer op ‘n heerlike hoofgereg wat insluit steak wat na smaak voorberei word – werklik ‘n unieke ervaring eie aan Fraaigelegen.

Louis en Vanessa het die dansbaan geopen met Ed Sheeran se treffer “Thinking Out Loud”, en na ‘n rukkie het van die gaste by hulle aangesluit.

Pa Graham het self die liedjie vir sy dans met Vanessa gekies, en dit was vir haar ‘n groot verrassing gewees – toevallig ‘n stukkie van een van die liedjies wat sy gevra het ek definitief nie mag speel nie.

Hierna was dit tyd vir die gooi van die ruiker en die garter.

Die kroeg is baie goed ondersteun terwyl daar heerlik verder gedans is, en DJ Gert moes bontstaan om aan al die versoeke te probeer voldoen.  Van die “Kalfiewals” tot “Scatman” is gespeel, en pa Graham was knaend met sy versoeke vir Juanita se pragtige “Lief vir Jou” wat ek uiteindelik 3 keer moes speel!  Maar nou ja, hy het betaal, so ek moes maar doen wat hy vra.

Baie dankie aan Graham en Carin wat ons gevra het om vir julle te speel – ons het dit verskriklik geniet.  En my hoop is dat julle en julle gaste dit net so baie soos ons geniet het.

En vir Vanessa en Louis wil ons net alles van die beste toewens op julle pad vorentoe – mag julle pad gesaai wees met liefde en geluk.

YouTube Playlist

4 Comments

  1. DJ Gert, hy was great. Almal het gedans tot hulle voete moeg was.
    Jou keuse van musiek was uitstekend en almal het hulself gate uit geniet.
    Baie dankie!!!

    Reply
  2. Baie dankie DJ Gert, dit was amazing!

    Reply
  3. BEST DJ EVER!!

    Jy vat alles mooi saam met jou opsomming van die aand Gert.
    Ds Theo Hay se kragtige boodskap het ons almal weer laat dink!
    Bibi’s photography….julle was great. ‘n Uur toe is die fotos alles geneem en die bruidspaar terug by ons om lekker te kuier.

    Wat n onvergeetlikke amazing troue was dit nie. Dankie vir almal wat daar was en dit so suksesvol gemaak het!

    Reply
  4. Oom Gert ek kyk nou terug na hierdie stuk wat oom geskryf het en na Franchesca se troue, beslis die beste DJ ooit en ons het oom se moeite vreeslik waardeer! Ons kon nie vir beter vra nie! Baie Baie dankie!

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *