Home

Professional registered DJ service that provides dance and/or background music from all eras for weddings, birthday parties, office functions or any other function, big or small.  

Emuel en Margo Venter troue, Mont Rouge, Tulbagh

Ek het al voorheen gesê dat Mont Rouge op sy mooiste is in November, en 4 November 2017 was geen uitsondering nie!  Emuel en Margo het in die driffie by Mont Rouge trou aan mekaar gesweer onder uiters  bekwame leiding van Ds Johan van Rooyen van die Groote Kerk in Kaapstad. Daar was bietjie confusion toe die twee mekaar die regterhand moes gee maar hulle het dit eindelik reggekry!  Nadat die huwelik amptelik verklaar is wou die dominee bid maar Emuel het gou gevra wanneer mag hy dan nou vir Margo soen.  Onder toejuiging van die gaste het hy haar sommer behoorlik gesoen. Die bruidspaar het in die saal die huweliksregister gaan teken en die gaste het gewag het om hulle met roosblare te bestrooi oppad na die lapa en grasperk waar drankies en ‘n voorgereg bedien is.  Voorgereg het bestaan uit ‘n unieke “kaaskoek” wat die twee gesny het voordat hulle weg is om foto’s te laat neem.  Die gaste het toe ingevaar en die kaas geniet saam met heerlike druiwe, olywe, brood, biltong, konfyt, neute ens So net voor 6-uur het seremoniemeester Johan Lauten die gaste na die mooi opgemaakte saal genooi en het hulle plek ingeneem by die pragtig gedekte tafels. Die bruidspaar het by die gaste aangesluit en daar is sommer dadelik afgeskop met die heildronke gevolg deur  n heerlike hoofgereg.   Emuel en Margo het die dansbaan geopen op Michael Bublé se “Everything” – Emuel het Margo so dronk gedraai dat sy sommer met die deur in die huis geval het!  Die gaste het sommer gou saam met hulle ingeval en gedans.  Na kort...

Bellville Hoërskool Junior bal 2017

Op 9 September 2017 het Bellville Hoërskool se juniors lekker gedans met die musiek van DJ Gert.  Soos altyd verkies hulle om hulle versoeke voor die tyd deur te stuur sodat daar nie op die aand ‘n geskarrel is om die regte musiek te kry nie. Soos ons al gewoond geraak het by hierdie funksies was die saal pragtig opgemaak, en al die leerders het pragtig gelyk – voorwaar ‘n uithang geleentheid.   Vir DJ Gert is dit ook ‘n geleentheid om meer van sy ligte, lasers en rookmasjien ten toon te stel as by meeste van die ander geleenthede waar hy optree, so hy geniet homself ook terdeë. Op die aand was daar wel ‘n spesiale versoek van Mev De Villiers, en sy het onder groot gejuig van die leerders saam met hulle te kere gegaan op die klanke van Queen se Bohemian Rhapsody.  ...

Albrecht & Carika Smuts troue, Chris-Elle, Buffeljags

http://djgert.co.za/wp-content/uploads/2017/11/Gobonosound.mp4 Albrecht en Carika het op 2 September 2017 aan mekaar trou gesweer in die pragtige NG Kerk by Buffeljagsrivier buite Swellendam.  Die diens is pragtig gelei deur die plaaslike leraar Ds Dirkie van Heerden. Na die diens het die gaste vertrek na Chris-Elle, ‘n besonderse trou-venue slegs omtrent 1km van die kerk af.  Hier is hulle buite trakteer op drankies en ‘n broodtafel en allerlei lekker eetgoed terwyl die bruidspaar en fotograaf besig was om foto’s te neem. Rondom 7-uur het Carika en Albrecht by die gaste aangesluit in die saal en sommer dadelik weggespring met hulle openingsdans op die maat van Matthew Mole se “Take Yours I’ll take mine”. Hierna is die heildronke ingestel: Jacques Kriel op Carika se ouers, Anneré Smuts op Albrecht se ouers, toe Carla op Carika en laastens Attie op Albrecht.  Seremoniemeester Julius Herfurth het hierna vir Albrecht aan die woord gestel om die bedankings te doen. Met al die formaliteite agter die rug het die gaste weggelê aan ‘n heerlike hoofgereg, en hierna heerlik gedans – die laaste gaste het so kwart voor drie die nag hulle dansskoene opgehang! Dankie Albrecht en Carika dat ons deel kon wees van julle groot dag – ons wens julle alle geluk en voorspoed toe op julle pad vorentoe!...

Wally en Griet Horak troue, Die Blomstoor, Kleinmond

Op Wally (of De Waal soos party mense hom noem) se sestigste verjaardag het hy en sy droomvrou Griet (of Grietjie) van 43 jaar gelede uiteindelik die knoop deurgehaak by een van die pragtigste trou-venues wat mens aan kan dink. Die geleentheid was behoorlik ‘n “joyful celebration” soos Griet dit in haar eerste epos aan my beskryf het.  Die weer het saamgespeel en dit was sommer lekker warm vir hierdie tyd van die jaar, die bruid was pragtig uitgevat, die gaste was in ‘n goeie luim, en Ds Steven Sass het met sy pittige sêgoed almal behoorlik tuis laat voel. Nadat die formaliteite afgehandel is en die bruidspaar met roosblare ge-konfetti is, het die gaste buite op die stoep en grasperk heerlike happies geëet en drankies gedrink.  Die sjampanje het gevloei asof daar nie ‘n einde aan die voorraad was nie. Skuins voor 7 het die gaste na die eetsaal beweeg waar Griet en Wally toesprake gemaak en heildronke ingestel het voordat die uitstekende hoofgereg bedien is.  Daar is sommer heerlik gekuier aan die tafels, en dit was ‘n behoorlike gesukkel om die gaste te kry om na die dansarea te gaan om die bruidspaar op die dansbaan te verwelkom vir hulle openingsdans.  Wally het “Wine, Woman and Song” van Johann Strauss gekies vir die openingsdans, en toe het die dansery in alle erns begin.  Van die gaste het verder in die eetsaal gekuier terwyl die ander rondom die dansbaan, by die kroeg en buite verder gekuier het. Dankie Wally en Griet dat ons deel van julle “joyful celebration” kon wees – ek hoop werklik julle het genoeg geleentheid...

Don en Retha Hamilton troue, Rusticana, Klapmuts

Op ‘n heerlike warm Saterdag van Paasnaweek het Don en Retha die knoop deurgehaak onder leiding van Ds Chris le Roux tussen die pragtige olyfboorde by Rusticana naby Klapmuts. Die bruidspaar het na die seremonie die huweliksregsiter in die saal gaan teken terwyl die gaste buite op hulle gewag het om hulle met seepborrels te “strooi” (ipv konfetti) en sodoende hulle seën op Don en Retha se huwelikspad toe te wens. Die gaste is hierna langs die swembad buite die saal trakteer op drankies en die bruidspaar het sommer daar die koek gesny. http://djgert.co.za/wp-content/uploads/2017/04/GOBOsmlnosound.mp4 Skuins voor 7 het seremoniemeester Dirk Pretorius die gaste in die saal ingenooi waar ‘n heerlike voorgereg voorgesit is. In afwagting van die bruidspaar is daar ‘n speletjie gespeel waartydens een persoon van elke tafel “selfies” moes neem met verskeie mense of items soos aangedui deur die seremoniemeester. Die “selfies” is dan aan die paneel van beoordelaars (verteenwoordig deur die bruidegom se gevolg) voorgelê, en na elke rondte is deelnemers elimineer totdat daar een wenner oor was wat ‘n bottel “shooters” vir sy tafel gewen het. Na die speletjie het Mnr Don en die NUWE Mev Retha HAMILTON hulle opwagting gemaak onder luide applous van die gaste. Nadat ‘n paar heildronke ingestel is het Rusticana ‘n baie smaaklike buffet-styl hoofgereg  voorgesit. Don en Retha het die dansbaan geopen met Brandi Carlile se pragtige “The Story”, en later het Retha saam met haar pa gewals op die maat van Randall Wicomb se “Duitswes Wals“. In plaas van die tradisionele gooi van die kousband moes die manne wat wou deelneem opgeblaasde balonne aan hulle voete vasmaak en die ander s’n...

Gustav en Julian Hendrich troue, Fraaigelegen, Paarl

Op ‘n pragtige somersdag het Gustav en Julian hulle huweliksbeloftes in die tuin voor hierdie pragtige herehuis by Fraaigelegen tussen die wingerde van die Paarl en Franschhoek afgelê. Julian se entourage is gelei deur klein Werner met die ringe en die blommemeisie, voordat Julian haar verskyning gemaak het, pragtig getooi in lyn met hulle “Royal Decree” tema. Ds Saayman het die boodskap gebring met ‘n uiteensetting van die agapé-liefde soos beskryf in 1 Kor 13, en die toepaslikheid daarvan in die huwelik.  Die bruidspaar het hierna hulle beloftes afgelê en ringe uitgeruil, en toe die huweliksregister in die herehuis gaan teken. Hulle is buite die huis deur die gaste ingewag met roosblare en hulle is behoorlik daarmee ge-konfetti toe hulle uitgestap het. Terwyl die gaste heerlike canapes geniet het langs die lapa het die bruidspaar verdwyn vir hulle foto-sessie. Met hulle terugkeer het die gaste hulle reeds in die saal ingewag om hulle hartlik te verwelkom by hulle koninklike tafel, ewe met krone.  Na die tafelgebed het Gustav en Julian hulle eenheidskers aangesteek terwyl die voorgereg bedien en geniet is. Die heildronke op die bruidspaar, Julian se ma, en Julian self is toe gedoen, terwyl Gustav self die heildronk op sy ouers ingestel en die bedankings gedoen het.  Hierna is die gaste trakteer op Louis van Fraaigelegen se tradisionele biefstuk-hoofgereg met al die nodige bykosse. Gustav en Julian het die gaste behoorlik vermaak met hulle openingsdans op die klanke van “Gooi jou arms om my”, en hierna het die gaste by hulle aangesluit vir ‘n paar danse totdat dit tyd was om die res van die formaliteite af te handel.  Eers het hulle...

Piet en Lizette Walters troue, Rondekuil, Durbanville

Piet en Lizette het hulle spesiale dag op die plaas Rondekuil buite Durbanville gehou. Met hulle aankoms is die gaste trakteer op gemmerbier en iced tea voordat hulle saam met Piet in die saal gaan wag het vir Lizette om haar opwagting te maak.  Na die huweliksbevestiging deur Ds André van Wyk van Durbanville Moedergemeente het die gaste uitbeweeg en die paartjie behoorlik ge-konfetti toe hulle uitgestap het. Piet en Lizette is weg om foto’s te laat neem, en die gaste het buite op die stoep die fris wind trotseer met drankies en ‘n heerlike kaasbord. Die gaste is terug in die saal in en het die bruidspaar hartlik verwelkom met hulle aankoms.  Voorgereg is bedien waarna ‘n paar toesprake en heildronke gelewer is.  Pieter se dogters, Christelle en Melissa, het toe Riana Nel se “Tweede Kans” vir die bruidspaar gesing – werklik pragtig. Hierna is die hoofgereg bedien, en toe het Piet en Lizette die dansbaan ge-open met Andriëtte se “Vertrou”.  Hierna het die gaste aangesluit en is daar heerlik gedans en gekuier tot skuins voor...

Phillip en Inge Nel troue, Mont Rouge, Tulbagh

C. Louis Leipoldt het gesê Oktober is die mooiste maand, maar ek het Mont Rouge nog nooit so mooi gesien soos tydens hierdie troue aan die begin van November nie – miskien het dit maar net oorgeloop van Oktober af! http://djgert.co.za/wp-content/uploads/2016/11/GOBOnosound.mp4 Inge Rix en Phillip Nel het besluit om hier te trou, en onder die bekwame leiding van Inge se troubeplanner/vriendin/strooimeisie Stephanie het hulle ‘n troue gehad wat so mooi was soos die omgewing waarin dit gehou is. Nagenoeg 120 gaste het by die pragtige driffie gesit en wag vir Inge om op te daag, terwyl Phillip senuweeagtig saam met sy strooijonkers rondgestaan en wag het. Eindelik het Inge en haar gevolg opgedaag en ingestap op “Darling” van Majozi.  Inge was beeldskoon getooi – soveel so dat Phillip ‘n paar trane moes wegpink!  Inge moes self ‘n paar keer diep asemhaal voordat Pastoor Dave Basson van die Kingdom Light Church kon begin om sy ernstige boodskap in ‘n baie ligte luim oorgedra het. Nadat die tweetjies wettig getroud verklaar is het hulle die huweliksregister in die saal gaan teken, en die gaste het ‘n erewag gevorm van die saal se uitgang af na die lapa om hulle met roosblare te bestrooi. By die lapa is ‘n heerlike broodtafel as canapés bedien, en allerhande interessante drankies en ook draai-roomyse is voorgesit. Fotograaf Liesl Basson en haar assistent het foto’s van die bruidspaar saam met hulle gaste geneem op die grasperk rondom die lapa totdat die bruidspaar saam met Liesl weg is vir hulle fotosessie tydens die “goue uur” van lig net voor sonsondergang. Die gaste het op hulle eie tyd na die saal begin...

Stef 11de verjaardag Halloween-disco!

  Stef verjaar 0p Halloween-dag (29 Oktober) en vanjaar het ma Petro dit goedgedink om vir hom en sy maatjies ‘n lekker jôl te hou by die Oceana Powerboat Club langs die Waterfront.  DJ Gert was aanvanklik maar skrikkerig want hy het nie geweet watse musiek 11-jariges deesdae luister nie, maar gelukkig het hulle smaak van musiek so reg in sy kraal geval. Wat ‘n lekker venue vir so tipe partytjie, met braaiplekke en ‘n swembad waarin die 32 kinders heerlik kon baljaar (natuurlik onder toesig van ‘n baie kwaai Petro).  Daar is lekker boerewors-rolle bedien en die kinders het omtrent weggelê aan die chips, kos en koeldrank. Die kinders was almal aangetrek in die Halloween-tema, en het hulself gate uit geniet op die dansbaan.  Daar was ‘n kompetise-dans tussen die seuns en die meisies wat die seuns met ‘n kortkop gewen het.  Bietjie later was daar ook ‘n spankompetisie waar die kinders hulle eie spanne kon opmaak en dit span-vir-span uitgespook het op Meghan Trainor se “Me Too” – hier het Johan en sy spannetjie gewen met hulle innoverende passies en goeie afronding tussen die seuns en die meisies in die span. DJ Gert se rookmasjien, wat die kinders self kon “operate”, was ‘n groot treffer gewees en hy moes dit gereeld afsit om te keer dat dit nie uitbrand nie en dat mens mekaar darem kon sien in die saal! Dankie Petro en Stef dat julle ons gevra het om deel van die partytjie te wees – ek het nooit geweet dit is so lekker om 11-jariges te vermaak nie. Hopelik maak ons gou weer so. YouTube...
Gert van Niekerk

DJ