Philip en Anieke de Villiers troue, The One Heaven & Earth, Caledon

Philip en Anieke de Villiers troue, The One Heaven & Earth, Caledon

Phil & Anieke het hierdie pragtige venue in die Hemel-en-Aarde vallei tussen Caledon en Hermanus gekies vir hulle spesiale dag, en was dit nie ekstra spesiaal nie!

Die seremonie in die woud is pragtig gelei deur Ds Christi Thirion, waarna die gaste buite die saal drankies en iets te ete geniet het.

Uitsig oor die Hemel-en-Aarde vallei

Die gaste is deur seremoniemeester Coenraad in die pragtige saal in genooi, en gevra om rondom die dansbaan plek in te neem. Elke gas het twee “starlites” gekry, met duidelike instruksies oor wanneer dit aangesteek moes word. Toe die bruidspaar opdaag is die starlites aangesteek, Phil en Anieke is hartlik verwelkom, en het sommer dadelik hulle openingsdans gedoen op die maat van John Legend se “All of Me”.

Na ‘n ongelooflike maaltyd is daar begin dans, en daar is gedans en gesing tot na 1-uur die nag. DJ Gert was in sy element want, soos hy altyd sê, “dit is lekker en maklik om vir mense te speel wat wíl party”!

Phil en Anieke, baie dankie dat ons deel kon wees van julle spesiale dag – sekerlik die lekkerste troue wat ons nog die voorreg gehad het om by te kon speel. Ons bid julle alle sterkte en seën toe op julle pad vorentoe, veral in Moembaai!

Bruidsmeisies en Anieke stap in

Ds Christi Thirion se preek

2 Comments

  1. Baie baie dankie DJ Gert vir jou fantastiese diens by ons troue! Super professioneel – van die perfek gepaste instrumentele musiek voor ons seremonie tot die dans baan aan die gang hou totdat die venue toemaak!
    Ons stel beslis vir almal voor om DJ Gert te gebruik!

    Reply
  2. Wow, DJ Gert jy was ongelooflik gewees by ons troue. Jy het tyd op tyd die atmosphere van die oomblik spot on gekry. You contributed to the most special day of our lives and we are so grateful to you!

    Massive recommendation from us!

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *