Piet en Lizette Walters troue, Rondekuil, Durbanville

Piet en Lizette het hulle spesiale dag op die plaas Rondekuil buite Durbanville gehou.

Rondekuil

Met hulle aankoms is die gaste trakteer op gemmerbier en iced tea voordat hulle saam met Piet in die saal gaan wag het vir Lizette om haar opwagting te maak.  Na die huweliksbevestiging deur Ds André van Wyk van Durbanville Moedergemeente het die gaste uitbeweeg en die paartjie behoorlik ge-konfetti toe hulle uitgestap het.

Piet en Lizette is weg om foto’s te laat neem, en die gaste het buite op die stoep die fris wind trotseer met drankies en ‘n heerlike kaasbord.

Die gaste is terug in die saal in en het die bruidspaar hartlik verwelkom met hulle aankoms.  Voorgereg is bedien waarna ‘n paar toesprake en heildronke gelewer is.  Pieter se dogters, Christelle en Melissa, het toe Riana Nel se “Tweede Kans” vir die bruidspaar gesing – werklik pragtig.

Hierna is die hoofgereg bedien, en toe het Piet en Lizette die dansbaan ge-open met Andriëtte se “Vertrou”.  Hierna het die gaste aangesluit en is daar heerlik gedans en gekuier tot skuins voor 12.

DJ Gert met Pieter en Lizette Walters

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *