Hoërskool Sentraal OOV fondsinsameling

As jy gedink het mens kan nie ‘n lekker opskop hou met net 60 gaste nie het jy ‘n groot fout begaan!  Die gaste by hierdie geleentheid was meestal langarm dansers, en hulle was uitstekende gaste.  Die versoeke het deurgaans ingekom, net soos ek daarvan hou.

Die gaste is trakteer op ‘n heerlike steak met monkey gland sous, gebakte aartappel gereg, pampoentert en mengelslaai.

Deur die loop van die aand het DJ Gert ook opgetree as afslaer van 5 lotte besonderse wyne uit die BAR-vallei, en is ‘n mooi bedrag geld ingesamel, terwyl ‘n paar manne die inhoud van hulle kelders ‘n bietjie ge-“boost” het.

Ek en Hesta is met tipiese Karoo-vriendelikheid ontvang en het inderdaad die dans en die hele naweek terdeë geniet.  Ons het die geleentheid ook gebruik om self bietjie voete uit te pak op die dansbaan – regtig baie lekker gewees.

Na die dans was daar ‘n after-party by een van die ouers se huis, en daar het ons tot vroeg-oggend gekuier.

Nogmaals dankie aan Annelize dat sy ons gevra het om hier op te tree – hopelik kan ons dit weer doen.

 

4 Comments

  1. Baie dankie vir ‘n heerlike naweek van fantastiese musiek en besonderse beligting. Ek sal dit beslis volgende jaar weer wil doen en dan maak ons die saal vol. Nogmaals baie dankie vir jou en jou gade wat jul weg oop gesien het na die Karoo.Dankie!!!!

    Reply
  2. Baie dankie vir die lekker musiek Gert! Ons het dit baie geniet en gaan jou beslis weer nooi ! Was ook lekker om bietjie saam met jou te kon kuier !

    Reply
  3. Voorwaar ‘n djeerlike aand gewees! Heerlike musiek so reg uit ons era. Ons het dit baie geniet!! Dankie Gert en Hesta vir die moeite wat julle gedoen het om Beaufiebaai toe te kom!!

    Reply
  4. Wat ‘n heerlike aand met musiek uit die boonste rakke….. Dié wat nie daar was nie, het definitief uitgemis.

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *