Sheldon & Catherine Kotze troue, Mont Rouge, Tulbagh

So gestres as wat meeste bruidspare was waarmee ek al gewerk het, so rustig en kalm was Catherine en Sheldon. In ons vooraf-onderhoud het sy vir my gesê dat sy mense betaal om die dinge reg te doen, en sy vertrou hulle om dit so te doen, so hoekom moet sy haar daaroor bekommer. Die dag van die troue, toe ons by Mont Rouge opdaag om op te stel, was alles en almal ook kalm, daar was mense besig om die tafels klaar te dek en die blomme klaar te maak. ‘n Absolute vars uitkyk op troureëlings.

Terwyl ons vir die bruid gewag het by die seremonie in die driffie was Sheldon darem so bietjie senuweeagtig, maar toe Catherine in haar pragtige rok in die paadjie afgestap kom, was hy stomgeslaan en mens kon sommer sien hoe hy rustiger raak.

Na die seremonie het die bruidspaar die trouregister in die saal geteken en is met konfetti bestrooi, waarna die gaste by die lapa gekuier het met heerlike drankies en ‘n fantastiese broodtafel

Broodtafel
Kaaskoek

Toe dit begin skemer en koud raak is die gaste na die saal wat pragtig versier was.

Bruidstafel
Tafels keurig gedek

Na ‘n paar formaliteite en heildronke is die hoofgereg bedien, en toe was dit tyd vir Sheldon en Catherine om die dansbaan te open op die klanke van Matt Johnson se pragtige akoestiese weergawe van “The One”. Hierna het die gaste by hulle aangesluit en heerlik gedans totdat dit tyd was vir die gooi van die ruiker en kousband, waarna daar weer lekker gedans en gesing is tot middernag.

Baie dankie Sheldon en Catherine dat julle van ons dienste gebruik gemaak het vir julle groot dag. Dit was regtig verfrissend om te ervaar hoe mense so min kan stres oor so ‘n groot geleentheid! Ons wens julle alles van die beste toe vir julle huwelik – mag dit net so “stresloos” verloop soos julle troudag!

DJ Gert saam met die pragtige bruidspaar
DJ Gert saam met die pragtige bruidspaar

Youtube playlist

Dans playlist

1 Comment

  1. It has taken me a while to send this email, but we wanted to say THANK YOU for the BEST reception and ceremony any two people could have had. Everything was well executed, from the setup of the ceremony to the reception lighting and sound! Thank you for the advice you supplied us during the planning and answering all our questions before and during the day. We can’t possibly tell you how many people said what a wonderful time it was. You were able to find the balance of music genre when it came to our wedding guests, which allowed everyone to be on the dance floor having a blast. We saw people on the dance floor that we would’ve not imagined on the dance floor. Thank you yet again for being the person that kept our guest on their feet, enjoying the evening with us.

    Kind Regards
    Catherine & Sheldon

    Reply

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *